top of page
RECA_AFR_edited.png

Gereformeerde Evangeliese Kerk
van Australië

ONS GESKIEDENIS

Die eerste Afrikaanse gemeente in Australië is gestig in Perth, Wes Australië, in Februarie 2004. Hierdie gemeente het bekend gestaan as die “Perth Afrikaans Reformed Church” (PARC). Eredienste was aanvanklik net in die Noorde van Perth gehou, maar na 5 jaar is daar ook met dienste in die Suide van Perth begin. Behalwe gemeentes het twee bedieninge ook later deel gevorm van die kerk, naamlik Outreach WA (bediening op die platteland van Wes Australië) en Veritas College (Teologiese Opleiding).
 

Tydens ‘n vergadering in Augustus 2008 is die beginsel vir ‘n Afrikaanse Gereformeerde Kerkverband in Australië goedgekeur en begin die aanvoorwerk om gestalte daaraan te gee. Op 16 Maart 2009 tydens ‘n vergadering van hierdie genoemde gemeentes en bedieninge word die kerkverband gestig en word besluit op die naam “Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië (GEKA).
 

Met die opdatering van die webblad in Junie 2022 het die GEKA uitgebrei tot die volgende gemeentes: Lux Mundi wat aan die Noordekant van Perth stad ontmoet vir gelyklopende Afrikaanse en Engelse eredienste, Outreach WA wat behalwe die nege plattelandse dorpe waar gereeld eredienste gehou word ook ‘n eredienspunt in Perth het, Bunbury GEKA, 170 km Suid van Perth en Brisbane Afrikaanse Kerk . Eredienste vind elke Sondag by hierdie verskillende eredienspunte plaas.
 

Vir meer besonderhede van hierdie gemeentes en bedieninge sien gerus die aparte skakels vir elkeen.

bottom of page